- This event has passed.
SWAN: Jy word uitgenooi
11 March @ 1:00 pm - 2:00 pm
Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk van die Universiteit Stellenbosch nooi jou om Internasionale Vrouedag saam met ons te vier. By hierdie geleentheid val die soeklig op ons vroue se uitsonderlike prestasies in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
Sluit aan by mede-alumni en vriende van die Universiteit op ons globale rusbank vir ‘n een-uur gesprek met wynmaker Andrea Mullineux, Nondumiso Pikashe, die stigter van Ses’Fikile Wines, Karlin Nel, keldermeester by Vrede en Lust, en ons moderator, Maret Du Toit professor in Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Datum: Donderdag 11 Maart 2021
Tyd: 13:00 SAST; 12:00 Europa; 11:00 VK & Ierland
Plek: Aanlyn (MS Teams)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP teen Maandag 8 Maart 2021.
(Die skakel na die geleentheid sal op Dinsdag 9 Maart per e-pos gestuur word.)
Kalender: KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek te voeg.
Die SWAN-inisiatief is ‘n wêreldwye netwerk van Matie-vroue en is daarop gemik om ons alumnae te vereer vir hul voortgesette bydraes tot die US se uitnemendheid.
Ons Maties is oor die hele wêreld versprei en ons wil graag met soveel as moontlik van julle kontak maak. Indien jy alumnae ken wat nie ons uitnodigings ontvang nie, deel gerus hierdie uitnodiging en vra dat hulle ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za stuur om by toekomstige uitnodigingslyste gevoeg te word.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.
Details
- Date:
- 11 March
- Time:
-
1:00 pm - 2:00 pm