Skip to content
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
Menu
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk
Menu
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Tuis
  • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Helpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
  • Alumni
  • Geleenthede
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English

Rapport redakteur spreker by jaarlikse Konvokasievergadering

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, is die gasspreker by die jaarlikse Konvokasvergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) wat op Donderdag 14 November 2019 by die Adam Small Teaterkompleks in Stellenbosch plaasvind.

Die Konvokasie is ‘n statutêre liggaam van die US wat bestaan uit gegradueerdes, insluitende huidige nagraadse studente, en alle voltydse en afgetrede akademiese personeellede van die US. Volgens wetgewing het alle Suid-Afrikaanse universiteite ʼn konvokasie wat die belange verteenwoordig en insette van alumni in sake wat die Universiteit raak verseker.

Lede word aangemoedig om vroeg te kom aangesien hulle moet registreer. Die vergadering sal ook die verkiesing van twee nuwe lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie insluit.

Meer oor die gasspreker:

Pelser is redakteur van Rapport en aanbieder van die nuus-aktualiteitsprogram KN Verslag In Gesprek op kykNet. Hy het sy joernalistieke loopbaan in 2001 by Die Burger begin ná die voltooiing van die grade BA Regte, BPhil (Joernalistiek) en MPhil (Joernalistiek) aan die US. In 2004 voltooi hy die graad MPhil (Ontwikkelingstudies) aan die Universiteit van Oxford, waar hy met ‘n Rhodes-beurs studeer.

Ná drie jaar by Beeld in Johannesburg is hy na Lagos, Nigerië in 2007 om ‘n koerantburo vir Media24 in Wes-Afrika te vestig. Hy word in 2009 nuusredakteur van Beeld en in 2011 redakteur van die nuustydskrif NuusNou/NewsNow. Pelser is al drie keer bekroon met ‘n ATKV-mediaveertjie as beste aanbieder van ‘n nuus- of aktualiteitsprogram en is in 2019 genomineer vir ‘n Safta vir beste TV-aanbieder in Suid-Afrika.

Plek: Adam Small-teaterkompleks, 15 Victoriastraat, Stellenbosch
Tyd: 19:00
Bevestig bywoning per e-pos by konvokasie@sun.ac.za of telefonies by 021 808 9266.

More articles

‘n Tweede tuiste

Kaapstad-Fietstoer-Ekspo & gasvryheidstent

Stap saam met prof Thuli Madonsela om ʼn einde te maak aan studenteskuld

  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter