Skip to content
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
Menu
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk
Menu
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Tuis
  • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Helpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
  • Alumni
  • Geleenthede
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English

Covid-19: Ons staan saam

Beste Alumnus

Die ongekende COVID-19-pandemie het die wêreld, soos ons dit ken, op sy kop kom draai. Ons hoop dat jy veilig is en dat ons almal deur hierdie moeilike tydperk sal kom met ‘n hernude gevoel van solidariteit.

Onderskeie regerings het drastiese maatreëls getref om die verdere verspreiding van die coronavirus te stuit, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Ons 21 dae-inperkingstydperk soos aangekondig deur President Cyril Rampahosa het om middernag op 26 Maart in werking getree. Weens die groot onsekerhede en onbekendhede kan die Universiteit Stellenbosch (US) nie voorspel wat met die COVID19-baan in die komende weke gaan gebeur nie. Daarom het die hoëronderwyssektor beide die korttermyn- en mediumtermyn-scenario’s oorweeg en besluit om Maandag 20 April 2020 die voorlopige aanvang van die tweede kwartaal te maak.

Vir die Universiteit Stellenbosch beteken algehele inperking dat alle kampusgeboue, met die uitsondering van ‘n paar, ontoeganklik sal wees totdat die president die inperking amptelik ophef. Akademiese personeel sal intussen hul onderrigmateriaal aanpas om dit van 20 April af ten volle aanlyn aan te bied. Ons sal voortgaan om alles in ons vermoë te doen om die akademiese program aan die gang te hou en om aan studente toegang tot hoëgehalte leergeleenthede te gee.

Die Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge-span werk tans almal van hul huise af maar ons hou die kommunikasiekanale oop om jou op hoogte te hou en is telefonies en aanlyn beskikbaar om vrae te beantwoord gedurende hierdie periode. Oor die volgende paar weke sal ons ook planne beraam om jou na virtuele geleenthede te nooi sodat ons almal kontak kan behou. Hou gerus hierdie spasie dop…

Op ‘n interessante noot — namate die wêreld verder deur die COVID-19-pandemie geraak word, het US-navorsers reeds hul hulp aangebied in die stryd teen die virus, brood gebruik om hand reiniger te maak en kragte saamgesnoer met ‘n biotegnologie-maatskappy in die hoop om by te dra tot die behandeling van pasiënte.

Ons sien uit daarna om jou op hoogte te hou in die komende weke en soos altyd verwelkom ons jou betrokkenheid. Moet asseblief nie huiwer om ons by alumni@sun.ac.za te kontak nie.

Wees asseblief versigtig, gee gehoor aan al die voorsorgmaatreëls in hierdie tydperk en onthou om gereeld die Universiteit se COVID-19-webwerf ?te besoek as ‘n bron van betroubare inligting oor ons maatreëls, asook vir algemene inligting oor die voorkoming van die siekte.

Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.

Met hartlike groete,

Karen Bruns
Senior Direkteur: Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge
Universiteit Stellenbosch

More articles

Veelvuldige mosies van vertroue in die US

Helderberg: 2021 Reünie

Rektor en span voltooi ‘n suksesvolle Kaapstad Fietstoer

  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Toyota SU Woordfees
  • Vrywilligheid
  • Skenk

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter