Skip to content
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
Menu
  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
  • Vrywilligheid
  • Skenk
Menu
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Tuis
  • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Helpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
  • Alumni
  • Geleenthede
  • Vrywilligheid
  • Skenk
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English

Bonang Mohale: Die kragbron agter suksesvolle maatskappye

Hy is ’n kragbron en leierskap-ghoeroe agter die groei van sommige groot Suid-Afrikaanse en multinasionale maatskappye en op 1 Maart 2019 sal Bonang Mohale, HUB van Business Leadership South Africa (BLSA), sy kennis en kundigheid met ons alumni deel. Sy praatjie, met die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool en Universiteit Stellenbosch Alumni-betrekkinge Kantoor as mede-gashere, is getiteld: Sal die Suid-Afrikaanse ekonomie ooit herstel? Nuwe rolle vir besighede in die Suid-Afrikaanse openbare sfeer.

Mohale is bekend vir sy opbou van uitgebreide ondervinding in verskeie leierskapsrolle, insluitend as Vise-President en Voorsitter van Shell downstream South Africa (Edms.) Bpk., Shell South Africa Refinery (Edms.) Bpk. en die South African Petroleum Refinery. By Shell Suid-Afrika was hy in beheer van wêreldwye olie-, chemiese, lugvaart-, en mariene en smeermiddel-ondernemings. Terselfdertyd was hy operasioneel verantwoordelik vir kleinhandel, brandstowwe en bitumen, voorraad en verspreidingstipe ondernemings, insluitend Finansies, Regsafdeling, Menslike Hulpbronne, Veiligheid en Transformasie. Hy was ook die Besturende Direkteur van OTIS, die grootste en oudste hysbakmaatskappy in die wêreld, en die HUB van die geïntegreerde fasiliteitsbestuursmaatskappy Drake & Scull FM SA (Edms.) Bpk.

Mohale was vir meer as 33 jaar By die Black Management Forum (BMF) betrokke en sedert die 1980’s was hy ‘n uitgesproke en aktiewe voorstander van transformasie. Hy het verskeie toekennings ontvang ter erkenning van die bydrae wat hy gemaak het tot die besigheidswêreld en die opbou van Suid-Afrika. Dit sluit in, onder andere, die Momentum Vriendskapsbaadjie as die eerste Suid-Afrikaanse Nasiebou-kampioen in 2015 en die Land en SAOG Streek Titaan Nasiebou-toekenning in die 2014 CEO tydskrif-toekennings. In 2001 het hy die Presidensiële Toekenning ontvang vir Diensbaarheid aan die Suid-Afrikaanse Bedryf en die Ekonomiese Bemagtiging van Voorheen Benadeelde Individue.

Mohale se praatjie word by die Century City Konferensie Sentrum aangebied waar registrasie om 08:00 begin. Die praatjie begin om 09:00. Dit word gratis aangebied, maar sitplekke is beperk, so maak seker dat jy so gou moontlik jou sitplek bespreek.

More articles

Rapport redakteur spreker by jaarlikse Konvokasievergadering

Voorskoolse leerder samel geld in vir Maties se #Train4Fees-veldtog

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

  • Tuis
  • Meer oor ons
  • Media
  • Kontak
  • English
  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • Action4Inclusion
    • Dankie
  • Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
  • Vrywilligheid
  • Skenk

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook
Linkedin
Instagram
Twitter