Geen student word agtergelaat nie
Baie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) uit arm en werkersklasgesinne, gaan swaar gebuk onder die las van studieskuld — toenemend die grootste struikelblok op hul pad na sukses.
Die #Action4Inclusion-veldtog is ‘n studente-befondsingsinisiatief wat daarop gemik is om akademiese insluiting en die afskaffing van studieskuld vir hierdie studente te verseker. #Action4Inclusion is deur die US se Studenteraad (SR) en prof Thuli Madonsela, bekleër van die leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg aan die US, van stapel gestuur om te verseker dat geen studente weens hul finansiële omstandighede agtergelaat word nie.
Hoe jy betrokke kan raak
Alle skenkings, maak nie saak of dit groot of klein is nie, is beslis welkom en word werklik waardeer.
GivenGain #Action4Inclusion
Hierdie veldtog is gebaseer op AKSIE en prof Thuli Madonsela lei die oorblywende aktiwiteite vir hierdie jaar.
Klik hier om by te dra
#Action4Inclusion Tafelberg-Geleentheid
Op Sondag 22 November 2020 klim prof Madonsela en SR-Voorsitter, Xola Njengele, Tafelberg om fondse vir #Action4Inclusion in te samel. (Volgens COVID-19-regulasies mag 'n maksimum van 200 persone deelneem.)
Tyd: 06:30
Kaartjieprys: R54
Tafelberg-Geleentheid Kaartjies
Koop jou kaartjies op die dag of maak 'n betaling in die volgende # ActionforInclusion-rekening:
Bank: Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 05 06 10
Rekeningnaam: Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer: 073 006 955
Verwysing: R9861 (dui dit as verwysing aan)
Stuur asb ’n e-pos met bewys van betaling na socialjustice@sun.ac.za en sluit asb jou kontakbesonderhede in. Ons sal dan jou kaartjie aanstuur via e-pos vir jou om saam te bring op die dag.
#Action4Inclusion Idasvallei-Stap
Prof Madonsela en die voorsitter van die Studenteraad (SR), Xola Njengele, gaan op Saterdag, 28 November 2020, voor stap op ʼn staproete in Idasvallei, met die Rustenberg Wines as beginpunt, stap deur die Idasvallei-gemeenskap tot by Banhoek Conservancy en Bartinney Tasting Shed as die eindpunt.
Tyd: 07:30
Kaartjieprys: R54
Idasvallei-Stap Kaartjies
Hierdie geleentheid maak deel uit van die #Action4Inclusion-veldtog, ʼn studentebefondsingsinisiatief wat die SR en prof Madonsela vroeër vanjaar op die been gebring het in ʼn poging om te verseker dat geen student as gevolg van finansiële omstandighede agterbly nie.
Kaartjies vir die stapuitdaging kos R54 per persoon en kan bekom word deur dié bedrag in die volgende #ActionforInclusion-rekening in te betaal:
Bank: Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 05 06 10
Rekeningnaam: Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer: 073 006 955
Verwysing: R9861 (dui dit as verwysing aan)
Stuur asb ’n e-pos met bewys van betaling na socialjustice@sun.ac.za en sluit asb jou kontakbesonderhede in. Ons sal dan jou kaartjie aanstuur via e-pos vir jou om saam te bring op die dag.
#Action4Inclusion Pniel Walkathon
Hierdie geleentheid is uitgestel tot Maart 2021.
Pniel Walkathon Kaartjies
Koop jou kaartjies op die dag of maak 'n betaling in die volgende #ActionforInclusion-rekening:
Bank: Standard Bank
Tak: Stellenbosch
Takkode: 05 06 10
Rekeningnaam: Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer: 073 006 955
Verwysing: R9861 (dui dit as verwysing aan
Stuur asb ’n e-pos met bewys van betaling na socialjustice@sun.ac.za en sluit asb jou kontakbesonderhede in. Ons sal dan jou kaartjie aanstuur via e-pos vir jou om saam te bring op die dag.
Wys jou ondersteuning
Oorweeg dit om by hierdie aktiwiteite aan te sluit OF maak 'n bydrae om 'n Matie-student in finansiële nood te help.
Kom ons bly in kontak. As jy nog nie op ons Maties Connect-platform geregistreer is nie — waarvoor wag jy? Daar kan jy jou kundigheid deel, op hoogte bly van mede-Maties se doen en late en jou loopbaan bevorder.
Klik hier om aan te sluit
Vir meer inligting en vir alle navrae, e-pos socialjustice@sun.ac.za en cc mlourens@sun.ac.za